Dotering

In elektronika is dotering die proses waartydens sekere chemiese elemente by 'n halfgeleier gevoeg word om die elektriese geleibaarheid daarvan te verander. Hierdie elemente is klein onsuiwerhede. Dit word gedoen om diodes te skep wat elektrisiteit in een rigting laat beweeg, of om transistor- en halfgeleier skakelaars te maak.

Wanneer die element boor by silikon gevoeg word, word die boordopmiddel 'n aanvaarder genoem, want dit hou daarvan om elektrone te aanvaar. Wanneer die element fosfor by silikon gevoeg word, word die fosfor 'n donateur genoem, want dit hou nie van elektrone nie.

Daar bestaan twee tipes dotering, naamlik n- en p-dotering.


Developed by StudentB